top of page
Picsart_22-11-26_08-38-35-451.jpg

WELCOME TO PIK-N-WYNTJIE

THE STORY OF PIK-N-WYNTJIE

Frans & Deona Roodt Welcomes you

DSC08924_edited.jpg

Ons verwelkom jou vandag en sal graag 'n gedeelte van ons storie wil deel, hier in die Port is ons almal mos vriende. In Maart 2016 beland ons vir 'n blits besoek op in McDougalls baai so met die terug keer vanaf Namibia - min het ons geweet hoe die plek ons lewens onheroeplik sou verander.

Maar soos al die goeie dinge in die lewe - vir al chocolate en whiskey- moet alles een of ander tyd tot 'n einde kom. Met ons terugkeer na Brits in die Noord- Wes het ons begin droom oor aftree, en elke dag was dit 'n bietjie nader en die toekoms 'n bietjie duideliker.

In 2021, met genade van bo, verkoop ons kleinhoewe, met opgewondenheid in ons harte kom ons saam die Kinders om huis te kom soek in McDougalls. Elke keer wat mens hierdie nou paadjies wat met sand-korrels versier is betree steel die dorpie nog 'n stukkie van jou hart.

In Maart 2022 vertrek die meubelvervoerwa Brits en ons is kort op hulle hakke, maar wanneer ek nou terug kyk voel dit steeds soos gister.

Verlang ek terug na die Magaliesberge, die grasvlaktes en baie mense? Nee glad nie. Hier is elke sonsondegang 'n belewenis wat mens opnuut laat glo en droom. Die branders se geruis en die reuk van die see 'n bekoring op sy eie.

Ons verwelkom jou vandag in 'n klein stukkie van ons droom en ons hoop dat jy hier sal vertrek met 'n hart vol hoop en drome en 'n rustige siel.

​

We welcome you today and would like to share a part of our story, here in the Port we are all friends. In March 2016 we landed up in McDougalls bay for a quick visit on our way back from Namibia - little did we know that this place would change our lives irrevocably.

But like all good things in life -  chocolate and whiskey included  - everything must come to an end at some point. On our return to Brits in the North West we began to dream about our retirement, and with every sunrise we were a little closer and the future a little clearer.

In 2021, with grace from above, our small-holding sold and with excitement in our hearts we ventured to find our new home in McDougalls. Every time you enter these narrow paths decorated with grains of sand, this little village steals another piece of your heart.

In March 2022, the moving company left with all of our furniture and we were close on their heels, looking back today, it still feels like yesterday.

Do I long for the Magaliesberge, the grassy plains and many people? No, not at all. Here, every sunset is an experience that makes you believe and dream anew. The roar of the waves and the smell of the sea a charm in its own right.

We welcome you today to a small piece of our dream and we hope that you will leave here with a heart full of hopes and dreams accompanied by a peaceful soul.

Die woonstel / Our Cottage

Pik-N-Wyntjie is 'n selfsorg eenheid wat ons op ons perseel begin het. Die woonstel word betree deur 'n houtdeur wat na die sitkamer lei waar daar gesellig gekuier kan word, of die stilte opnuut waardeer kan word met'n boek of selfs 'n glas wyn in die hand.  Nes die strate van McDougalls lei 'n nou gangetjie jou na die res van die woonstel en dit is hier waar jy jou menswees opnuut kan herlaai en die klanke van die branders en die wind wat huil om die hoeke kan waardeer. Die kombuis is ten volle toegerus en bied alles wat jy moontlik kan benodig om 'n droom van 'n salige vakansie te kan bewaarheid. Die kamer is versier in wit en blou want hier wil mens mos in elke detail van die see onthou, 'n ruim kamer met 'n dubbelbed, kaste en spieeltafel. Die perfekte wegkruip plek wanneer die stad teveel raak.

​

Pik-N-Wyntjie is a self-catering unit that we started on our premises. The apartment is entered through a wooden door that leads to the living room where you can have a lovely chat, or appreciate the silence anew with a book or even a glass of wine in hand. Just like the streets of McDougalls, a narrow corridor leads you to the rest of the apartment and this is where you can recharge your soul and appreciate the sounds of the waves and the wind howling around the corners. The kitchen is fully equipped and offers everything you could possibly need to make a dream of a blissful holiday come true. The room is decorated in white and blue because here you want to remember the sea in every detail, a spacious room with a double bed, cupboards and dressing table. The perfect hiding place when the city gets too much.

IMG-20221121-WA0009.jpg
IMG-20221121-WA0013.jpg
IMG-20221118-WA0003.jpg
IMG-20221121-WA0015.jpg

CONTACT

Thanks for submitting!

bottom of page